Wat jy nodig het om Zapper te gebruik:

  1. ‘n “Smart” mobiele telefoon, hierna verwys as “foon”.
  2. ‘n Bankkaart gekoppel aan jou bankrekening waaruit jy wil betaal.
  3. ‘n Oordraglimit (“tranfer limit”) op genoemde bankrekening groter as of gelyk aan die bedrag wat jy wil betaal.

    Al wat jy moet doen om te registreer en betalings te maak is:
  4. Gaan op jou foon na die “playstore” of “app store” en laai die Zapper App af.
  5. Volg dan net die instruksies op die App om jou persoonlike inligting in te vul, naamlik die Naam wat op die kaart verskyn, kaartnommer, vervaldatum en CVC-Kode (laaste drie syfers agter op die kaart) in.
  6. Voeg dan jou selfoonnommer in en klik “SEND CODE”.
  7. Jy sal ‘n “Code” ontvang wat jy moet insleutel en jy is geregistreer.
  8. Rig jou foon se lens op die QR Code (die vierkant met die patroon hieronder) en skandeer deur op “SCAN/PAY” te druk.
  9. Vervang die voorafbepaalde bedrag met die bedrag wat jy wil betaal.
  10. Druk “PAY” en “DONE”.
    As jy eenkeer geregistreer is, hoef jy slegs die Zapper-App. wat nou op jou foon is, oop te maak en 8-10 hierbo te volg.

Die die betaling verskyn annoniem op die Gemeente se bankstaat net met die datum van betaling en ons weet nie wie die skenker is en waarvoor die betaling is nie. Ons sal betalings as kollekte beskou, behalwe as jy ons andersins per e-pos, SMS of WhatsApp laat weet wat die bedrag is en waarvoor dit bedoel is bv. dankoffer, skenking of barmhartigheid.