Comments are off for this post

Nuwe Covid-19 inperkings – geen fisiese byeenkomste vir 3 Sondae

As gevolg van die nuwe inperkings deur die regering ingestel, sal daar ongelukkig geen fisiese byeenkomste vir 3 – 17 Januarie 2020 in ons gemeenskapsentrum wees nie.

Preke sal weer elektronies op YouTube gedeel word, en die skakel sal elke week voortydig aan u deurgestuur word, en sal ook op hier op die webwerf beskikbaar wees saam met die preekskets.

Voorlopig kom ons weer bymekaar op Sondag 24 Januarie 2020 om 09h00 wanneer ons weer ons Here Jesus Christus se naam grootmaak.

Comments are closed.