Comments are off for this post

NG Kloofendal 9 November 2020

Onderstaan ‘n paar belangrike sake wat reeds tydens eredienste onder aandag gebring is en waarvan u asseblief (weer) moet kennis neem.

  1. Die toekoms van die Kerk
    Op 10 November 2020 spreek adv. Ronald King, die Hoof van Toekomsbeplanning van PSG, ons toe oor die toekoms van die Kerk. Hy is ‘n kundige op die gebied van beplanning en het ‘n studie gemaak van die impak van huidige tendense op die Kerk. Dit beloof om baie insiggewend te wees en lidmate van ander gemeentes sal dit took bywoon. Die lidmate van Kloofendal word vriendelik uitgenooi om dit by te woon omdat dit ook ons gemeente en onsself raak.

    Ligte verversings sal bedien word en u moet asseblief vir Johan (083 275-1308) skakel as u wil bywoon soda tons kan verseker dat daar genoeg plek is met die nodige sosiale afstand end at almat ‘n eetdingetjie kry.
  2. Kers-ete
    Die jaarlikse kers-ete vind op Vrydag 20 November 2020 om 18:30 in die gemeentesentrum plaas. Dit sal weer ‘n uithaler ete en ‘n gesellige kuier wees en die koste beloop slegs R125 per person en R60 per kind onder 12. Daar is nog plek beskikbaar en u moet asseblief dringend vir Soné op 074 136-2948 skakel of vir haar ‘n WhatsApp stuur as u nog plek wil bespreek.
  3. Kerssangdiens
    Die Kerssangdiens vind vanjaar op 22 November 2020 om 18:00 in die gemeentesentrum plaas en almal is hartlik welkom om hierdie voorspel tot Kersfees 2020 by te woon.
  4. 10de -maandoffer
    Dit is tradisioneel om die 10de-maandoffer in Oktober, die 10de maand, in te stel. Die doel van hierdie offer om so ‘n ekstra dankie-offer aan die Here te bring vir Sy liefde, genade en seëning gedurende die afgelope unieke jaar. Dit is so dat diegene van ons wat gelukkig is met ‘n bonus hier aan die einde van die jaar kan maar jou offer bring wanneer dit jou pas en dit beslis nie in die 10de maand te bebeur nie. Ons het vanjaar ‘n mikpunt van R150 000 gestel en tot op hierdie stadium R60 000 ontvang. Die afgelope jaar was nie goed vir die Gemeente se inkomste nie en u vriendelike ondersteuning van hierdie poging sal dus waardeer word.

Comments are closed.