Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 8 November 2020

Kom ons sê vir die volgende paar weke sommer net DANKIE … vir só baie seëninge.

Wees altyd bly.
Bid gedurig.
Wees in alle omstandighede dankbaar,
want dit is wat God in Christus Jesus
van julle verwag.
1 Tessalonisense 5:16-18

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:

Lidmate:

  • Alta Roesch ondergaan Maandag, 09/11/2020 ‘n operasie aan haar lugweg. Bid asseblief dat die operasie voorspoedig sal verloop, dat daar geen komplikasies sal wees nie, en dat Alta gou weer heeltemal gesond sal wees.
  • Ben Bos is gediagnoseer met CoVid-19. Bid asseblief vir sy spoedige herstel.
  • Bertha van der Walt gaan op 09/11/2020 vir ‘n tweede operasie om ‘n katarak te verwyder – die operasie aan die eerste oog is op 02/11/2020 gedoen. Bid asseblief dat Bertha gou heeltemal sal herstel en dat die operasies volkome suksesvol was.
  • Andries en Alet Badenhorst is by hulle huis in Mosambiek aangeval en Andries het baie ernstig seergekry. Hy vorder redelik goed na die operasies wat hy gehad het, maar ly aan geheueverlies en gedeeltelike gehoorverlies, en hy kan steeds net vloeistowwe inneem weens die drade waarme sy kakebeen geheg is. Bid asseblief vir Andries vir volkome herstel, en ook vir hom en Alet om emosioneel en geestelik van die trauma te herstel.

Bid ook asseblief teeds vir:
Bessie Lüther; André van Platen; Adéle van der Schyff; Anna Herselman; Marie Commerford

Heelwat van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Harry-John Roesch (Johan en Alta se seun) het op 04/11/2020 ingegaan vir ‘n operasie aan sy nier – hy het nierstene, en ook 2 kolle wat òf bloedklonte òf gewasse kan wees. Bid asseblief vir gunstige uitslae, en ook vir sy spoedige en algehele beterskap.
  • Adri de Beer (oud-lidmaat) is baie ernstig siek met kanker;
  • Saartjie Bester se broerskind, Deidré, moet binnekort ingaan vir ‘n breinoperasie. Bid asseblief dat alles voorspoedig sal verloop, en dat Deidré heeltemal sal herstel.
  • Peter & Anette (vriende van Jeannette en Gert Rautenbach) is steeds vasgekeer in Portugal weens die Corona-pandemie. Peter se gesondheid is steeds nie na wense nie;
  • Mischka Coleman (Estelle se kleindogter) is gediagnoseer met diabetes;
  • Mandy Browne;
  • Derick Stevens (oud-lidmaat);
  • Bertie Richards (oud-lidmaat)

Stuur asseblief spesifieke of algemene gebedsversoeke deur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.