Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 6 Desember 2020

Maandag

Dank die Here vir al die seën, leiding en genade wat ons persoonlik en as gemeente hierdie jaar beleef het, ten spyte van die moeilike omstandighede rondom die CoVid-pandemie.

Dinsdag

Vra die Here vir leiding, beskerming en genade ten opsigte van die toekoms van ons gemeente, en van elkeen van ons gesins- en familielede, vriende en gemeentelede persoonlik.

Woensdag

Bid vir ons jongmense wat huidiglik nog besig is met eksamens.

Donderdag

Bid vir veiligheid op ons land se paaie, veral wanneer mense met vakansie gaan.

Vrydag

Bid dat almal wat tydens die Desembervakansie weg van die huis af sal wees, se eiendom veilig sal wees.

Saterdag

Bid steeds vir beskerming teen die CoVid-virus, en vir deurbrake ten opsigte van ‘n entstof of ander teenmiddel.

Sondag

Bid vir almal wat tydens hierdie jaar ‘n geliefde aan die dood moes afstaan, vir troos, berusting en ‘n geseënde Kerstyd.

Vir ons is ‘n Seun gebore,
aan ons is ‘n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.

Jes. 9:5

Ons sê dankie!

  • Philip en Corrie Swart se kleindogter, Lily (9 maande oud), sterk goed aan nadat sy ‘n paar weke gelede ‘n beroerte-aanval gehad het. Lily sal vermoedelik ‘n paar jaar op medikasie moet wees, maar bid asseblief dat hierdie klein dogtertjie bo verwagtig vinnig en volkome sal herstel.
  • Ben en Ria Bos herstel baie goed van hulle onderskeie Corona-infeksies.
  • Annette en Peter, Jeannette en Gert Rautenbach se vriende wat lank in Portugal vasgekeer was weens die Corona-pandemie, is albei terug in Suid-Afrika. Peter is tans in ‘n rehabilitasiesentrum vir verdere versorging, maar dit lyk of hy redelik goeie vordering maak wat sy gesondheid betref.
  • Andries Badenhorst (Alet se man) herstel steeds ná die aanval op hom in hulle huis in Mosambiek. Bid asseblief dat die gedeeltelike gehoorverlies en die geheueverlies ook heeltemal sal herstel. Bly asseblief ook steeds bid vir Andries en Alet se volkome genesing van die trauma.
  • BAIE DANKIE aan ons Hemelse Vader vir Sy volgehoue sorg, seën, leiding en liefde te midde van die moeilike omstandighede van 2020!

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

  • Tannie Gerna Honiball het op 01/12/2020 ‘n knie-vervanging gehad. Bid asseblief dat daar geen komplikasies of terugslae sal wees nie, en dat sy gou weer heeltemal sterk en gesond sal wees.
  • Alta Roesch het ‘n operasie aan haar lugweg gehad. Sy is nog nie heeltemal gesond ná die prosedure nie: sy het ‘n erge veluitslag, en dit lyk of sy ‘n longinfeksie opgedoen het – bid asseblief vir haar spoedige en volkome genesing.
  • Bid ook asseblief steeds vir:
    Marietjie van der Westhuizen; Marie Commerford; André van Platen;
    Adéle van der Schyff; Anna Herselman; Frans Bester

Van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Saartjie Bester se broerskind, Deidré, moet binnekort ingaan vir ‘n breinoperasie. Bid asseblief dat alles voorspoedig sal afloop, en dat Deidré heeltemal sal herstel.
  • Bid ook asseblief steeds vir die volgende oud-lidmate:
    Mandy Browne; Derick Stevens; Stefan Fourie; Bertie Richards

Stuur asseblief spesifieke of algemene gebedsversoeke deur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.