Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 4 Oktober 2020


Kom ons bid in die volgende paar weke intensief vir kinders – ons eie kinders & kleinkinders, dié in ons familie, vriendekring en in ons gemeente, en ook vir kinders regoor die land en die wêreld.

Maandag

Bid dat daar in die fisiese, emosionele, geestelike en materiële behoeftes van kinders voorsien sal word.

Dinsdag

Bid vir goeie, bekostigbare onderwys en opvoeding vir alle kinders.

Woensdag

Bid vir goeie rolmodelle vir kinders.

Donderdag

Bid vir die veiligheid van kinders, veral in die lig van die baie ontvoerings, mensehandel en dwelmsindikate wat seëvier en jongmense teiken.

Vrydag

Bid vir goeie, Christelike maats (en lewensmaats) vir spesifieke kinders wat jy ken.

Saterdag

Bid vir alle kinders wat aan die een of ander vorm van mishandeling onderwerp is, en ook vir kinders en grootmense wat in die verlede mishandel is, vir fisiese, emosionele en geestelike herstel.

Sondag

Bid vir kinders wêreldwyd om ons Here Jesus te leer ken en dien, en om in ‘n lewende verhouding met Hom te wees; ook dat hulle God as liefdevolle Vader sal ken, en hulle sal laat lei en rig deur die Heilige Gees.

In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: “Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?”
Toe roep Jesus ’n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan
en Hy sê: “Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;
maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.”

Matt. 18:1-6

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

  • Tannie Cillie Verster het ‘n staalpen in haar heup gekry en sterk tans in die hospitaal aan. Bid asseblief dat sy gou beter en meer beweeglik sal voel, en na die rehabilitasiesentrum toe kan gaan om verder aan te sterk.
  • Bessie Lüther moes ongelukkig weer teruggaan hospitaal toe – die infeksie in haar long is steeds baie hoog, en sy het ook baie vog op haar long. Bid asseblief dat die infeksie baie gou sal verbeter met die sterk medikasie waarop sy tans is, dat die vog vinnig sal dreineer en dat Bessie gou beter en sterker sal voel. Bid ook asseblief vir Izak vir leiding, moed en krag in hierdie tyd.

André van Platen; Adéle van der Schyff Anna Herselman; Marie Commerford; Adeline van Niekerk; Bertha van der Walt; Frans Bester; ‘n 10-jarige seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme

Heelwat van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Tannie Lettie Coetzee (Corrie Swart se ma) herstel tans van haar CoVid 19-terugslag;
  • Daphne Bester (Willem Potgieter se suster) herstel ook van CoVid 19;
  • Wendy Rossauw (Jeannette Rautenbach se suster) het ‘n ernstig gebreekte skouerbeen en ‘n operasie moet gedoen word om dit te herstel – sy het nog baie pyn, en is tans steeds in die hospitaal;
  • Peter & Anette (vriende van Jeannette en Gert Rautenbach) is steeds vasgekeer in Portugal weens die Corona-pandemie, maar dit gaan darem al beter met Peter se gesondheid;
  • Emile Jordaan (‘n vriend van Jeannette en Gert Rautenbach) moes ‘n operasie ondergaan om ‘n hartklep te vervang;
  • Elise van Platen se tannie het borskanker;
  • Adri de Beer (oud-lidmaat) het weer begin met chemoterapie. Die eerste sessie van die nuwe behandeling het haar baie sleg geaffekteer, en sy is tans in die hospitaal.
  • Mischka Coleman (Estelle se kleindogter) is gediagnoseer met diabetes;
  • Mandy Browne;
  • Derick Stevens (oud-lidmaat);
  • Bertie Richards (oud-lidmaat)

Jy is welkom om spesifieke of algemene gebedsversoeke deur te stuur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.