Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 30 Mei 2021

Kom ons bid vir ons omgewing.

Maandag

Bid dat alle persone in Roodepoort ons Here Jesus Christus as enigste Here en Verlosser sal (leer) ken en dien.

Dinsdag

Bid dat Roodepoort ‘n Christenstad sal wees, wat Christus se voorbeeld van liefde en diens sal navolg.

Woensdag

Dring aan by die Heilige Gees om te help dat baie mense in ons gemeente en ons stad die wonders van God sal prys.

Donderdag

Bid vir die polisie en sekuriteitswagte in Roodepoort: vir beskerming, vir voldoende ondersteuning, toerusting, fondse en salarisse. Bid ook dat alle geregsdienaars die
versoeking sal weerstaan om self deel te word van die probleem van korrupsie en misdaad.

Vrydag

Bid dat die misdaad in Roodepoort sal afneem.

Saterdag

Bid dat alle demoniese praktyke en Satansaanbidding uit Roodepoort sal verdwyn.

Sondag

Bid vir alle Christelike kerke en leiers in Roodepoort: vir beskerming, leiding en eensgesindheid tussen leraars onderling in gemeentes en tussen verskillende gemeentes en denominasies.

Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem [en Roodepoort],
hulle sal dag en nag roep.
Julle wat die Here
aan sy beloftes moet herinner,
julle moenie stilbly nie.

Jes. 62:6

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

  • Tom en Elize Cottle se dogter, Natasha, is gediagnoseer met ‘n aggressiewe breingewas. Sy het vir nog toetse gegaan sodat die beste behandeling bepaal kan word – sy sal moontlik begin met ‘n paar sessies bestraling en dan ‘n kursus chemo-pille. Indien die chemo-pille nie help om die gewas te krimp nie, sal sy dan vir chemoterapie moet gaan. Bid asseblief dat die dokters die beste moontlike behandeling sal bepaal, en dat die chemo-pille genoegsaam sal help. Bid asseblief vir Natasha vir krag, genade en genesing, en ook vir haar man, Rudi, hulle kinders en vir Elize en Tom vir moed, rustigheid en genade in hierdie baie moeilike tyd.
  • ‘n Jong seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme – hy sukkel veral met dissipline by die skool. Hy het onlangs na ‘n nuwe skool geskuif. Bid asseblief vir ‘n deurbraak vir hom, sy gesin en sy onderwysers, en vir goeie samewerking tussen almal wat hom help.
  • Bid asseblief steeds vir Stephné en Retha de Lange, sowel as vir Tannie Jessie Wessels, wie baie onlangs geliefdes aan die dood moes afstaan.
  • Lizette Retief; Marietjie van der Westhuizen; Marie Commerford; André van Platen; Adéle van der Schyff; Frans Bester

Van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Jeannette Jonker se broer, Theo van Aswegen, het ongelukkig TB opgedoen. Bid asseblief vir hom vir volkome herstel, en dat hy nie ook nog sal CoVid ook optel terwyl sy gestel so kwesbaar is nie.
  • Tannie Gerna Honniball se kleinseun, Abri, is met CoVid gediagnoseer, en ander lede van sy gesin toon ook simptome van die virus. Bid asseblief vir Abri vir volkome genesing, en dat hy nie te veel skoolwerk sal hoef in te haal nie (hy is tans in matriek). Bid ook asseblief dat die ander gesinslede heeltemal gesond sal word.
  • Dina Vermeulen se vriendin, Sharon, is in die hospitaal opgeneem met (vermoedelik) keelkanker. Sy het onlangs ‘n operasie ondergaan vir ‘n kankergewas aan haar rugstring, en die dokters vermoed dat die kanker dalk versprei het. Bid asseblief vir Sharon vir krag om hierdie nuwe gewas te kan beveg en vir volkome genesing, en vir haar en haar familie en ander geliefdes vir moed, krag en genade.
  • Elise van Platen vra voorbidding vir hulle apteker, Costa – hy is met kanker gediagnoseer en begin binnekort met behandeling. Bid asseblief vir Costa se spoedige en volkome herstel, en vir krag om die behandeling te kan deurgaan. Bid ook asseblief vir sy familie in hierdie tyd.
  • Lizette Retief vra voorbidding vir vriende van hulle se 41-jarige seun. Hy kry huidiglik berading nadat hy probeer selfdood pleeg het. Hy is baie depressief omdat hy sy werk verloor het en sukkel om ordentlike werk te kry om sy familie te onderhou. Bid asseblief vir uitkoms vir hierdie man en sy mense, en dat hy gou gesond sal word – fisies, geestelik en emosioneel.
  • Bid ook asseblief steeds vir die volgende oud-lidmate:
    Mandy Browne; Derick Stevens; Stefan Fourie; Bertie Richards

Stuur asseblief spesifieke of algemene gebedsversoeke deur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.