Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 30 Augustus 2020

Kom ons maak ons gebede in die volgende 2 weke ‘n bietjie meer persoonlik, soos die Heilige Gees ons lei …

Maandag

Kom ons begin met:
Almagtige, Drie-Maal Heilige God …

Dinsdag

Kom ons begin met:
Liefdevolle Vader …

Woensdag

Kom ons begin met:
Here Jesus …

Donderdag

Kom ons begin met:
Gees van God …

Vrydag

Kom ons begin met:
Ek loof U, Here …

Saterdag

Kom ons begin met:
Baie dankie …

Sondag

Kom ons begin met:
U is …

Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou.
Sef. 3:17

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

Anna Herselman; Marie Commerford; Adeline van Niekerk; Bertha van der Walt; Frans Bester; ‘n 10-jarige seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme; Adéle van der Schyff

Heelwat van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Tannie Lettie Coetzee (Corrie Swart se ma) herstel tans van CoVid 19;
  • Daphne Bester (Willem Potgieter se suster) herstel ook van CoVid 19;
  • Leon Cowle (Danie en Lizette Retief se skoonseun) herstel van ‘n gebarste retina;
  • Hardus Hattingh (Piet en Lynette Botha se skoonseun) herstel steeds van CoVid 19, maar Lynette het laat weet dit gaan heelwat beter, maar sy dokter, Dr. Hendrik Vermooten, het ongelukkig ook nou positief getoets vir Co-Vid 19;
  • Wendy Rossauw (Jeannette Rautenbach se suster) het ‘n ernstig gebreekte skouerbeen en ‘n operasie moet gedoen word om dit te herstel – sy het nog baie pyn, en is tans steeds in die hospitaal;
  • Peter & Anette (vriende van Jeannette en Gert Rautenbach) is vasgekeer in Portugal weens die Corona-pandemie, en dit gaan tans bitterlik sleg met Peter se gesondheid;
  • Nicola Pretorius (Wynand en Susan se skoondogter);
  • Elise van Platen se tannie het borskanker;
  • Adri de Beer (oud-lidmaat);
  • Mischka Coleman (Estelle se kleindogter is gediagnoseer met diabetes);
  • Mandy Browne;
  • Derick Stevens (oud-lidmaat);
  • Bertie Richards (oud-lidmaat);
  • Reinier Bothma (‘n familielid van Vanessa van Niekerk)
    Johan van Schoor sê baie dankie vir al gebede vir hom en sy familie die afgelope twee maande. Alhoewel sy skoonsuster en swaer steeds behandeling kry vir kanker, het sy broer deur die genade van Bo herstel van CoVid-19 en gaan dit baie beter met almal.

Jy is welkom om spesifieke of algemene gebedsversoeke deur te stuur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.