Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 25 Oktober 2020


Kom ons bid in die volgende paar weke intensief vir Suid-Afrika en vir spesifieke probleme wat ons land tans teister.

Maandag

Bid vir ons boere en alle mense wie se plase, diere en eiendomme verwoes is deur die onlangse brande vir hulp en herstel. Bid ook dat die probleem van brandstigting sal ophou.

Dinsdag

Bid vir ons Here se Gees van vrede om oor Suid-Afrika te daal, en dat die verskriklike geweld, wreedheid en misdaad sal ophou.

Woensdag

Bid vir alle persone wat tans werkloos is, veral ook vir diegene wat hulle werk en / of besighede verloor het as gevolg van die Corona-pandemie.

Donderdag

Bid teen die korrupsie in ons regering en ander Suid-Afrikaanse instansies.

Vrydag

Bid vir ons hospitale, klinieke en ander mediese sorgsentrums, vir die personeel en vir almal wat tans siekesorg nodig het.

Saterdag

Bid dat alle Suid-Afrikaners die morele en sedelike verval in Suid-Afrika sal verwerp en terugkeer na goeie (Christelike) waardes.

Sondag

Bid dat ons as volk en nasie sal terugkeer na God, Hom bo alles sal liefhê en dien, en ons naaste soos onsself sal liefhê.

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur,en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan.
2 Kron. 7:13-15

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

  • Andries en Alet Badenhorst (ons sendelinge in Mosambiek) is by hulle huis aangeval en Andries het baie ernstig seergekry. Hy het ‘n operasie ondergaan om sy gebreekte kakebeen te herstel, en hy het ernstige wonde aan sy kop. Bid asseblief vir Andries en Alet vir fisiese, geestelike en emosionele genesing, e nook vir beskerming.
  • Tannie Cillie Verster het ‘n staalpen in haar heup gekry en sterk tans in die rehabilitasiesentrum aan. Bid asseblief dat sy gou beter en meer beweeglik sal voel.

Bessie Lüther; André van Platen; Adéle van der Schyff; Anna Herselman; Marie Commerford; Adeline van Niekerk; Bertha van der Walt; Frans Bester; ‘n 10-jarige seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme

Heelwat van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Harry-John Roesch (Johan en Alet se seun) het tydens die week van 12/10/2020 ingegaan vir ‘n stent in sy nier. Hy het 2 nierstene, en ook 2 kolle wat òf bloedklonte òf gewasse kan wees – ‘n operasie / verdere toetse al binnekort gedoen word om presies uit te vind wat fout is. Bid asseblief vir spoedige en algehele beterskap.
  • Saartjie Bester se broerskind, Deidré, moet binnekort ingaan vir ‘n breinoperasie. Die aartjies in haar brein is baie broos, en die dokters is bang die aartjies sal bars as hulle verdere toetse doen. Bid asseblief dat alles voorspoedig sal verloop, en dat Deidré heeltemal sal herstel.
  • Peter & Anette (vriende van Jeannette en Gert Rautenbach) is steeds vasgekeer in Portugal weens die Corona-pandemie, maar dit gaan darem al beter met Peter se gesondheid. Hy het egter onlangs weer ‘n terugslag gehad;
  • Elise van Platen se tannie het borskanker;
  • Adri de Beer (oud-lidmaat) is baie ernstig siek met kanker;
  • Mischka Coleman (Estelle se kleindogter) is gediagnoseer met diabetes;
  • Mandy Browne;
  • Derick Stevens (oud-lidmaat);
  • Bertie Richards (oud-lidmaat)

Jy is welkom om spesifieke of algemene gebedsversoeke deur te stuur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.