Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 16 Mei 2021

KOM ONS BID VIR INDIË …

Maandag

Indië gaan tans gebuk onder ‘n gewleldige toename in CoVid-gevalle en -sterftes – huidiglik die hoogste ter wêreld. Vra ons Here om te help dat die virus beter beveg sal word en dat meer mense gesond sal word.

Dinsdag

Bid teen die verskriklike armoede in die land. ‘n Groot deel van die bevolking leef in uiterste armoede en is ondervoed.

Woensdag

Bid vir beter sanitasie en lewensomstandighede vir alle Indiërs.

Donderdag

Bid dat die verskriklike korrupsie in Indië tot ‘n einde sal kom, en vir eerlike, regverdige leiers wat regtig sal werk vir beter omstandighede vir die mense.

Vrydag

Bid teen die klassediskriminasie wat steeds heers, ten spyte van die feit dat dit onwettig verklaar is. Baie mense van die sogenaamde “laer klasse” word steeds benadeel ten opsigte van opvoeding en werk.

Saterdag

Bid vir die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus en vir alle Christen-sendelinge wat in Indië werk. Die oorgrote meederheid Indiërs is Hindoes, Boeddhiste en Moslems, en die Islam-geloof neem baie vinnig toe.

Sondag

Bid vir alle Christene in Indië: dat ons Here Jesus Christus hulle sal seën, lei en bewaar, dat hulle Sy liefde, genade en teenwoordigheid sal ervaar, en dat hulle standvastig in die geloof sal bly.

Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons
wat dood was as gevolg van ons oortredings,
saam met Christus lewend gemaak.
Uit genade is julle gered!

Ef. 2:4-5


Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

  • Hans de Lange is ongelukkig op Maandag, 10/05/2021 skielik aan ‘n hartaan-val oorlede. Die begrafnis het op 14/05/2021 plaasgevind. Bid asseblief vir Stephné, Retha en die hele familie vir troos, berusting, genade en krag in hierdie baie hartseer tyd.Willie Wessels is ongelukkig op Woensdag, 12/05/2021 in die hospitaal oorlede, ver-moedelik weens ‘n hartaanval, nadat hy vroeër die week 2 operasies ondergaan het om gruis uit sy galblaaspypies en daarna die hele galblaas te verwyder. Bid asseblief vir Jes-sie, Willie jnr., Nicky en die hele familie vir troos, berusting, genade en krag in hierdie baie hartseer tyd.
  • Wilma Botha is ongelukkig op 26 April 2021 oorlede. Haar roudiens het reeds plaasgevind. Bid asseblief vir haar man, Johan, vir Suzette, Kobus, Carla en Anke Prinsloo en die hele familie vir troos, berusting en krag in hierdie baie moeilike, hartseer tyd.
  • ‘n Jong seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme – hy sukkel veral met dissipline by die skool. Bid asseblief vir ‘n deurbraak vir hom, sy gesin en sy onderwysers.
  • Marietjie van der Westhuizen; Marie Commerford; André van Platen; Adéle van der Schyff; Frans Bester

    Van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:
  • Izak en Bessie Lüther se skoonseun in Australië, David Peters, is geopereer vir ‘n gewas naby sy pankreas – hy het bestraling gekry om die gewas te laat krimp, maar hy het toe geval, en die impak het die gewas laat bars en hy moes ‘n noodoperasie kry om die ge-was te verwyder. Dit operasie was suksesvol, maar David het toe ook longontsteking opgedoen. Bid asseblief dat hy nie ‘n terugslag sal hê na die operasie nie, en dat sy ges-tel sterk genoeg sal wees om teen die longontsteking te baklei. Bid asseblief ook vir Bes-sie-hulle se dogter, Wilma – sy het nie ‘n groot ondersteuningsnetwerk in Australië nie – en ook vir Bessie en Izak, wat maar bekommerd is oor hulle2 kinders so ver van van hulle af.
  • Retief Jonker se suster is ongelukkig oorlede. Bid asseblief vir Retief, Jeannette en die hele familie vir troos en berusting.
  • Elise van Platen vra voorbidding vir hulle apteker, Costa – hy is met kanker gediagnoseer en begin binnekort met behandeling. Bid asseblief vir Costa se spoedige en volkome herstel, en vir krag om die behandeling te kan deurgaan. Bid ook asseblief vir sy familie in hierdie tyd.
  • Lizette Retief vra voorbidding vir vriende van hulle se 41-jarige seun. Hy kry huidiglik berading nadat hy probeer selfdood pleeg het. Hy is baie depressief omdat hy sy werk verloor het en sukkel om ordentlike werk te kry om sy familie te onderhou. Bid asseblief vir uitkoms vir hierdie man en sy mense, en dat hy gou gesond sal word – fisies, geestelik en emosioneel.
  • Bid ook asseblief steeds vir die volgende oud-lidmate:
    Mandy Browne; Derick Stevens; Stefan Fourie; Bertie Richards
  • Stuur asseblief spesifieke of algemene gebedsversoeke deur na een van die volgende kon-takpunte:
    Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
    Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.