Comments are off for this post

Kom ons bid saam – 14 September 2020

Maandag

Bid vandag spesifiek vir elkeen van jou eie gesinslede: vir seën, beskerming, bemoediging, deursettingsvermoë, guns en ander spesifieke behoeftes waarvaan jy weet.

Dinsdag

Bid vandag vir jou familie, vriende en kollegas – veral vir diegene wat ons Here Jesus nog nie ken nie.

Woensdag

Bid teen geslagsgeweld en mishandeling: vir almal wat in huwelike, verhoudings en ouerhuise vasgevang is waar enige vorm van mishandeling plaasvind. Bid ook vir uitkoms uit sulke omstandighede, en vir die geestelike, emosionele en materiële versorging van die slagoffers.

Donderdag

Bid dat die verskriklike onreg van aborsie geheel en al sal verdwyn, en dat alle mense sal besef dat elke lewe uit die Hand van die Here kom en kosbaar is.

Vrydag

Bid dat die Corona-pandemie steeds meer onder beheer sal kom, en dat ‘n effektiewe en bekostigbare entstof of medikasie daarteen ontwikkel sal word. Bid ook steeds vir alle gesondheidswerkers en mediese personeel wat blootgestel word, asook vir kwesbare, ouer en sieklike mense vir ekstra beskerming teen die virus.

Saterdag

Loof en prys ons Drie-Enige God vandag vir elke goeie gawe uit Sy Hand.

Sondag

Bid vir geestelike herlewing in Suid-Afrika en die wêreld, en vir predikante, sendelinge en ander geestelike werkers vir beskerming teen elke aanslag van die duiwel.

O, dit is ‘n wonderlike feit dat gebede
in die hemel gehoor word.
Charles H. Spurgeon

Bid asseblief vir die volgende persone wat tans gesondheids- of ander probleme het:
Lidmate:

André van Platen; Bessie Lüther; Anna Herselman; Marie Commerford; Adeline van Niekerk; Bertha van der Walt; Frans Bester; ‘n 10-jarige seun van ons Gemeente sukkel met gedragsprobleme as gevolg van medikasie vir outisme; Adéle van der Schyff

Heelwat van ons gemeentelede se vriende & familielede het dringende gebed nodig, asseblief:

  • Tannie Ria Potgieter (oud-lidmaat en ‘n vriendin van Danie en Lizette Retief) is Donderdagoggend, 10/09/2020 oorlede. Bid asseblief vir die familie en vriende vir troos en berusting in hierdie hartseer tyd.
  • Tannie Lettie Coetzee (Corrie Swart se ma) herstel tans van haar CoVid 19-terugslag;
  • Daphne Bester (Willem Potgieter se suster) herstel ook van CoVid 19;
  • Wendy Rossauw (Jeannette Rautenbach se suster) het ‘n ernstig gebreekte skouerbeen en ‘n operasie moet gedoen word om dit te herstel – sy het nog baie pyn, en is tans steeds in die hospitaal;
  • Peter & Anette (vriende van Jeannette en Gert Rautenbach) is vasgekeer in Portugal weens die Corona-pandemie, en dit gaan tans bitterlik sleg met Peter se gesondheid;
  • Elise van Platen se tannie het borskanker;
  • Adri de Beer (oud-lidmaat) moet eersdaags weer begin met chemo-terapie;
  • Mischka Coleman (Estelle se kleindogter) is gediagnoseer met diabetes;
  • Mandy Browne;
  • Derick Stevens (oud-lidmaat);
  • Bertie Richards (oud-lidmaat)

Ons sê dankie …

  • Johan van Schoor se broer en skoonsuster, Neels en Theunise, veg steeds dapper teen CoVid en kanker, maar dit gaan onder die omstandighede goed.
  • Dit gaan beter met Leon Cowle (Danie en Lizette Retief se skoonseun) – hy herstel steeds van ‘n gebarste retina. Dit sal nog lank neem voordat die oog heeltemal herstel het, maar dit gaan al beter.
  • Dit gaan baie beter met Hardus Hattingh (Piet en Lynette Botha se skoonseun) en sy dokter, Dr. Hendrik Vermooten, wat albei ernstig siek was met CoVid. Hulle het reeds weer begin werk.
  • Dit gaan ook nog goed met Nicola Pretorius (Wynand en Susan se skoondogter).
  • Reinier Bothma (‘n familielid van Vanessa van Niekerk) se beenmurgtoets is gedoen, en die uitsag het beter resultate getoon as wat gevrees is.

Jy is welkom om spesifieke of algemene gebedsversoeke deur te stuur na een van die volgende kontakpunte:

  • Vanessa van Niekerk: 073 259 3292 / vanessa@irvines.co.za
  • Kerkkantoor: (011) 679-2102 / kerkkantoor@ngkloofendal.co.za

Comments are closed.