Soos op die die kerkkalender aangedui sal die diens van 13 September 2020 ‘n gesinsdiens wees. Dié diens vir alle kerkgangers, volwassenes en kinders, sal in die kerkgebou gehou word. Om te versker dat daar nie meer as 50 mense opdaag en mense daar toegang gewyder moet word nie, vra ons dat jy jou plek sal ”bespreek”, deur op hierdie e-pos te reageer (Reply) en vir ons jou naam en die aantal mense van jou gesin/familie te gee wat die erediens sal bywoon. Ons sal graag voorkeur wil gee aan die gesinne met skoolgaande kinders, maar die ouer lede van die gesin of net ‘n egpaar en enkellopendes is ook baie welkom. Slegs die eerste 50 wat bespreek sal toegelaat word en jy word versoek om so spoedig moontlik te reageer indien jy en/of jou gesin die diens wil bywoon.
Ons sal die hele lokaal, toilette en die stoele ontsmet. Almal moet asseblief ‘n masker dra. Kerkgangers se tempratuur sal by die hoof-ingang geneem en hande sal voor en na die diens ontsmet word. Stoele sal ongeveer 2 meter uitmekaar geplaas word.
Reëlings vir dienste na 13 September 2020 sal daarna deurgegee word.
Ek hoor graag so spoedig moontlik van u as julle die diens van 13 Septembder 2020 wil bywoon.
Met vriendelike groete
NGK Kloofendal