1 Korintiërs 12:1: “Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat julle ingelig moet wees.”

Weet u met watter Geestelike Gawes u geseën is? Ons sal graag wil help uitvind wat u Geestelike Gawes is. Die metodes toets nie slegs u gawes nie, maar ook ‘n passies, bedieningstyl stel ‘n omvattende profiel van u saam. Ons het twee metodes; u kan kies watter een u wil gebruik.

Metode een is om die PDF dokument af te laai, te druk, en die dokument in te vul. Dit bestaan uit 52 bladsye, en kan afgelaai word hier. Daar is 119 vrae om te antwoord, waarna u die totaal van die antwoorde moet bepaal en aanteken op die dokument.

Die tweede metode is om dit elektronies in te vul op ‘n Microsoft Excel dokument wat u kan aflaai hier. U kan hierdie op die rekenaar voltooi en die nodige berekeninge sal namens u uitgewerk word. Ongelukkig werk dit nie op selfoon of tablet weergawes van Excel nie.

Wanneer u klaar is, stuur asb vir Johan van Schoor by die kerkkantoor by johan@ngkloofendal.co.za.