Here U graf is leeg! Bang vir die dood? Sy angel is uit!

Preek-Skets: Sondag 20 September 2020

Skriflesings: 1 Kor 15:1-11
Teks: 1 Kor 15:1-11
Tema: Here U graf is leeg! Bang vir die dood? Sy angel is uit!
Skriflesing: 1 Korintiërs 15:1-11.
Jesus se Ja in Getsemanie was ‘n ja vir die kruis. Daardie Ja het jou en my ewigheid vir altyd verander. Ons Ja sê vir Jesus, moet dus ons doen word. Jesus se graf is leeg…!

1. Inleiding
Die opstanding van Jesus is op geen manier ‘n beloning van enige prestasies of teenprestasie wat ons sou kon of moet lewer nie, dis ‘n gawe van God, uit genade.

Hierdie belydenis van Paulus kan saamgevat word in 4 kernwoorde:
i. Gesterf
ii. Begrawe
iii. Opgewek
iv. Verskyn
Hierdie kernwoorde kan nog verder saam gegroepeer word:
i. Kruisdood
ii. Opstadingstriomf

Paulus beklemtoon hierdie twee fokuspunte as die belangrikste van die evangelie waarby alles staan en val. As jy dit nie glo nie glo jy niks. Mense het dit nie uitgedink nie. Dit is volgens die Skrifte. As enige iemand aan iets anders vashou het hulle tevergeefs tot geloof gekom (v1,2).
Die opstanding van Jesus is ‘n unieke gebeurtenis. Bang vir die dood sy angel is uit.

2. Die betekenis van die leë graf.
Verganklikheid word ingeruil vir onverganklikheid.
Iemand in Christus is ‘n nuwe skepsel.
Die ou dinge het verby gegaan, alles het in Christus nuut geword.
Ons kan ons reeds beklee met die Christus Jesus.

Elke gelowige moet daarom na Paulus luister:
– Wees standvastig.
– Wees onwankelbaar.
– Altyd oorvloedig in die werk van die Here (1Kor 15:58).

Ons inspanning in diens van die Here is nooit tevergeefs nie.

3. Ons treur wel.
Maar nie soos die ander mense wat geen hoop het nie.
Ons huil is vol hoop – daar is ‘n weersiens…

4. Slot
Die laaste vyand wat vernietig word is die dood (1 Kor 15::26).
Want Jesus is gekruisig…en Hy het opgestaan.
Omdat Jesus op ‘n dag ja gesê het, bruis daar lewe tot in ewigheid anderkant die dood.

Comments are closed.