Erediens 1 November 2020 – Gebedsverhoring

Goeie dag

Die erediens in Kloofendal om 09:00 op 1 November 2020 is waargeneem deur Ds. Barry van Rensburg van die Gemeente Quellerina, wat gepreek het oor die baie aktuele tema van “Gebedsverhoring”. Lees ook gerus die Toktokkie vir die week wat voorlê.

Onthou asseblief ook die spesiale kollekte vir die boere in nood a.g.v. die droogte, veldbrande en plaasaanvalle wat Sondagoggend opgeneem sal word. As jy dit verkies kan jy ook ‘n EFT bydrae in die Gemeente se rekening no. 330580828 by ABSA kode 632005, met die verwysing “Boere”, maak.

Met vriendelike groete
NG Gemeente Kloofendal

Comments are closed.