22 November 2020 – Miergeloof, Dassiegeloof, Sprinkaangeloof, en Geitjiegeloof

Goeie dag

Hieronder is die preekskets vir Sondag 22 November. Vind hier (en bid gerus gerus saam) ons gebedsversoeke vir die week. Die Toktokkie kan hier gelees word.

 

Preekskets Sondag 22 November 2020

SkriflesingsSpreuke 30:24-28.

Teks: Spreuke 30:24-28

Tema: Miergeloof, Dassiegeloof, Sprinkaangeloof, en Geitjiegeloof.

 

Spreuke 30:24-28.

Hierdie diertjies se potensiaal waarin oënskynlike onbeduidendheid opgesluit lê, wil iets anders sê. Die vier tipe diere (Metafoor) dui op groot potensiaal en hulle verwesenlik die potensiaal. Die kontras moet ook met die vorige spreuk (30:21-23) en die ooreenkoms met die volgende een (30:29-31) verhoog die krag hiervan:

  1. Miere wat vir die toekoms voorsien.
  2. Dassies wat veilig teen die kranse woon.
  3. Sprinkane wat sonder ‘n leier in formasie kan vlieg.
  4. Geitjies wat hulle selfs in ‘n koning se paleis tuis maak.

Die grootte en krag is nie alles is nie. En dat dié vier diere as metafore optree vir die praktiese wysheid en waarheid van:

–  voorsorg,

–  sekuriteit,

–  dissipline, en

–  deursettingsvermoë.

Vier klein diertjies het verder een karaktereienskap gemeen:

–  Hulle karaktereienskappe help om deur toewyding sukses te behaal.

Wat leer ons dus by die vier klein diertjies:

  1. By miere kan ons leer van voorbereiding. (Lees ook-Neh 1:4-11/Spreke 6:6-11/Hebr 12:1-3.)
  2. By dassie kan ons leer om te vertrou. (Lees ook Psalm104:18/Jesaja 12:20)
  3. By sprinkane leer ons om saam te werk. (Lees ook Psalm 133)
  4. By geitjies leer ons om vreesloos te wees. (Lees ook 2 Timoteus 1:7-8; Psalm27:1&14)

Meer oor die diertjies:

  1. Miergeloof – geloofsoortuiging en goeie beplanning.
  2. Dassiegeloof – vertroue en gehoorsaamheid.
  3. Sprinkaangeloof – samewerking en eensgesindheid.
  4. Geitjiegeloof – vreesloos “vir die evangelie”.

 

Die boodskap en beginsel:

v  Dink in terme van ons eerder as ek.

Comments are closed.