2 Mei 2021 – Praktiese riglyne vir ‘n Christelike lewe in afwagting op die wederkoms van Christus

Goeie dag en baie welkom by die erediens om 09:00 op Sondag 2/5/21 in die NG Gemeente Kloofendal.

Bygaande is die Toktokkie  en gebedsversoeke.

Met vriendelike groete

Soné Grobler
NG Kloofendal

Preekskets Sondag 2 Mei 2021.
Skriflesing: Efesiërs 4:1-16.
Teks: Efesiërs 4:1.
“…Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.”
Tema: Praktiese riglyne vir ‘n Christelike lewe in afwagting op die wederkoms van Christus.

1. Agtergrond
Die eis om roeping te handhaaf. Leef soos julle geroep is. Roeping bepaal leefstyl.

2. Riglyne 1a – Wat ons roeping is.
a. Die Strewe na Zero-Defek.
b. God se Geregtigheid: Ons posisie of status in God se oë.
c. Ons posisie in Christus.

3. Riglyne 1b – Hoe ons nog beter kan word om ons roeping te kan handhaaf.
a. Hoe om Geestelik te groei.
b. Hoe om ons skuldlas te verwerk.
c. Hoe om meer geloof te verkry.

Comments are closed.